Meer oor ons
As gevolg van die sentrale rol wat voormalige Staatspresident FW de Klerk gespeel het in die onderhandelinge rondom die 34 grondwetlike bepalinge wat die basis gevorm het vir die tussentydse Grondwet van 1993 sowel as die finale Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (die Grondwet), het mnr De Klerk gevoel dat hy `n plig gehad het om te verseker dat die Grondwet gehandhaaf word. Om hierdie rede het hy die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) van stapel gestuur.
Die SGR se aktiwiteite sluit in:
- Die bevordering van die Grondwet deur deelname aan die nasionale debat; publikasies; nuusbriewe; konferensies; artikels en die SGR webtuiste; en produsering en verspreiding van regsopinies.
- Wisselwerking met die regering, Parlement en geïnteresseerde groepe om sodoende die grondwetlike regte en waardes te onderhou, insluitend voorleggings aan parlementêre portefeulje komitees rakende wetsontwerpe.
- Die monitor van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer deur politieke inisiatiewe, besprekings van die Parlement en besluite van die Grondwetlike Hof te volg en analiseer.
- Om Suid-Afrikaners in te lig oor hul grondwetlike regte en hoe om dit op te eis, deur middel van publikasies en die SGR se webtuiste.
- Om Suid-Afrikaners by te staan om hul grondwetlike regte op te eis deur grondwetlike advies aan te bied en, waar nodig, deur grondwetlike litigasie.
Oorsig en bestuur
- Die SGR funksioneer as ‘n eenheid van die FW de Klerk Stigting en rapporteer aan die Stigting se Raad deur die uitvoerende direkteur, mnr. Dave Steward.
- Die SGR maak gebruik van die administratiewe- en ander infrastruktuur en kantore van die FW de Klerk Stigting en die uitgawes van die SGR word gedek deur fondse in `n rekening wat bestuur word deur die F W de Klerk Stigting.
- Advokaat Nichola de Havilland is die direkteur van die SGR. Sy word bygestaan deur personeel wat die aktiwiteite van die SGR uitvoer.
- Die SGR is verder toegerus met `n regsbiblioteek asook ander hulpbronne wat nodig en bekostigbaar is om die aktiwiteite van die SGR uit te voer.
- Die Sentrum word bygestaan deur `n paneel van adviseurs wat bestaan uit regsgeleerders, senior advokate en regs- en politieke wetenskap deskundiges.

