English
Ondersteun ons projekte

Sentrum vir Grondwetlike Regte

Die Stigting se hoofprojek is die bevordering en beskerming van die Grondwet deur middel van die Sentrum vir Grondwetlike Regte.

Suid-Afrika se toekomstige vryheid, stabiliteit en voorspoed hang hoofsaaklik af van ons vermoë om ons Grondwet te handhaaf.

Om dit te bereik,

  • monitor die SGR enige ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer
  • neem die SGR aktief deel aan die nasionale debat oor grondwetlike kwessies
  • lig die SGR mense in oor hul grondwetlike regte en help hulle om aanspraak te maak op daardie regte.

Die SGR is reeds een van die hoofkommentators oor grondwetlike kwessies en het `n leidende rol gespeel in die teenstand van die Onteieningswetsontwerp, en het ook gehelp om stemreg te verseker vir Suid-Afrikaners wat oorsee woon.

Die Stigting benodig R 3 miljoen (± USD 400 000) per jaar om voort te gaan en om die Sentrum se aktiwiteite uit te brei.

Raak betrokke