Maak aanspraak op jou regte
Sentrum vir Grondwetlike Regte > Wat is jou regte?
Hoe om jou regte te beskerm
As jy voel dat jou regte ondermyn is, is die eerste stap om vas te stel of daardie reg deur [die Grondwet] beskerm word. Gewoonlik lei kontrakbreuk nie tot `n grondwetlike eis nie en die regte stap om te volg sal wees om die ander party in die kontrak te dagvaar in terme van die kontrak.
As daardie reg egter beskerm word deur die [Handves van Regte] is die volgende stap om vas te stel of jy `n begunstigde is van daardie reg - met ander woorde, of daardie reg van toepassing is op jou. Die meeste regte is van toepassing op alle mense, maar sommige regte, soos kinderregte en burgerregte is slegs van toepassing op daardie bepaalde klas van begunstigde.
As die reg binne die Handves van Regte val en dit is op jou van toepassing, is die finale stap om te besluit wie om te nader om jou by te staan om daardie reg op te eis.
Wie kan jou bystaan?
As deel van `n verbintenis om onderworpenheid aan die Grondwet te verseker, is hoofstuk 9-instellings deur die Grondwet geskep. Hulle funksie is hoofsaaklik om spesifieke regte te bevorder en om bewerings van ondermyning van daardie regte te oorweeg. As u voel dat `n reg wat binne die bestek van hul aktiwiteite val, ondermyn is, kan `n klagte gelê word by die aangewese instelling.
Hierdie instellings is:
Openbare Beskermer (Nasionale kantoor)
- Tel: +27 (0)12 366 7000
- Faks: +27 (0)12 366 7047 / 362 3473
- Tolvry: 0800 112040
- Web: http://www.publicprotector.org
- Public Protector Brochure.pdf
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (Hoofkantoor)
- Tel: +27 (0)11 484 8300
- E-pos: nkhumalo@sahrc.org.za or paia@sahrc.org.za
- Web: http://www.sahrc.org.za
Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe
- Tel: +27 (0)11 339 1775
- Faks: +27 (0)11 339 2234
- E-pos: chairperson@crlcommission.org.za
- Web: www.crlcommission.org.za
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (Johannesburg, Hoofkantoor)
- Tel: +27 (0)11 403 7182
- E-pos: cgeinfo@cge.org.za
- Website: www.cge.org.za
Die Ouditeur-generaal
- Tel: +27 (0)12 426-8000
- Faks: +27 (0) 12 426-8257
- E-pos: agsa@agsa.co.za
- Web: www.agsa.co.za
Die Verkiesingskommissie (Hoofkantoor)
- Election House, Walkerstraat 260, Sunnyside, Pretoria
- Tel: +27 (0)12 428 5700
- Faks: +27 (0) 12 428 5863
- Web: http://www.elections.org.za
Nie-regeringsorganisasies (NROs)
In aansluiting tot die [hoofstuk 9] instellings is burgerlike organisasies gestig met die uitsluitlike doel om die handhawing van die Grondwet te verseker. Individue wie se regte ondermyn is kan hierdie organisasies nader wat die individu sal in die hof sal bystaan óf wat die hof sal bystaan in sake as amicus curiae - vriend van die hof - deur die ondermyning van die reg in regsterme te verduidelik. Hierdie NROs is:
Treatment Action Campaign (TAC)
- Tel: +27 (0)21 788 3507
- Faks: +27 (0)21 788 3726.
- E-pos: info@tac.org.za.
- Web: www.tac.org.za/
Amnesty International (SA)
- Tel: +27(0)12 320 8155
- Faks: +27(0)12 320 8158
- E-pos: info@amnesty.org.za
- Web: http://www.amnesty.org.za
Centre for Apllied Legal Rights (CALS)
- Tel: +27 (0)11 717-8600
- Faks: +27 (0)11 403-2341
- E-pos: booysenp@law.wits.ac.za
- Web: www.law.wits.ac.za/cals/
Sentrum vir Menseregte
- Tel: +27(0)12 420-3034 / +27 (0)12 420-3810
- Faks: +27 (0)12 362-5125
- E-pos: chr@postino.up.ac.za
- Web: www.chr.up.ac.za
Centre for Rural Legal Studies
- Tel: +27 (0)21 883-8032/3
- Faks: +27 (0)21 886-5076
- E-pos: postmaster@crls.org.za
Community Law Centre
- Tel: +27 (0)21 959 2950/2951
- Faks: +27 (0)21 959 2411
- Web: http://www.communitylawcentre.org.za/
Eastern Cape Para-Legal Association
Lawyers for Human Rights
- Tel: +27 (0) 21 320 2943
- Faks: +27 (0) 21 320 2949
- E-pos: lhr@lhr.org.za
- Web: http://www.lhr.org.za/
Legal Resources Centre
- Tel: +27 (0)11 836 9831, 838 6601, 403 0902
- Faks: +27 (0)11 834 4273
- Web: http://www.lrc.co.za
National Human Rights Trust
- Tel: +263-4-339819 / 333882
- Faks: +263-4-339818
- Web: http://www.sahrit.org
Rape Crisis Cape Town
- Tel: +27 (0)21 447 1467
- E-pos: chantel@rapecrisis.org.za or zandile@rapecrisis.org.za.
- Web: http://www.rapecrisis.org.za
Wits Law School
- Tel: +27 )(0)11 717 8429
- Faks: +27 (0)11 339 4733
- E-pos: petersend@law.wits.ac.za
Regte onderhou deur Regeringsorganisasies
In ooreenstemming met sy mandaat om te verseker dat elkeen die reg het op geregtigheid, het die regering ook verskeie liggame gestig wat individue sal help om hul regte op te eis.
Die belangrikste een is die Regshulpraad wat basies as `n prokureur optree en die saak hanteer teen geen koste vir klaers wat nie regshulp kan bekostig nie.
`n Soortgelyke liggaam is die Padongelukfonds , wat `n persoon sal vergoed vir skade wat opgedoen is deur `n ander party se nalatigheid. Die meeste munisipaliteite het ook Ombudsmanne of ‘waghonde’ tot stand gebring, by wie klagtes gelê kan word, teen geen onkoste van die klaer nie.
Die Regsprofessie
As beskermers van die Grondwet bied die regsprofessie ook gratis hulp aan diegene wat hul regte wil opeis. Dit word gedoen deur wat bekend staan as die pro bono-stelsel. Daar word van alle advokate en prokureurs verwag om `n sekere bedrag van gratis regshulp te bied aan diegene wat nie kan bekostig om te betaal nie. Om van hierdie diens gebruik te maak moet jy aansoek doen by die Wetsgenootskap of die Balieraad in jou area.
Wetsgenootskap van Suid-Afrika:
- www.lssa.org.za
Algemene Vergadering van die Balieraad van Suid-Afrika:
- Lede van die Algemene Vergadering van die Balieraad van Suid-Afrika, sluit in:
- Cape Bar: www.capebar.co.za
- Free State Society of Advocates: fsbar@law.co.za
- Eastern Cape Society of Advocates (Port Elizabeth): jabell@webmail.co.za
- Eastern Cape Society of Advocates (Grahamstown): Tel: 046 636 2310
- Society of Advocates KwaZulu-Natal (Durban): www.kznbar.co.za
- KwaZulu-Natal Pietermaritzburg Bar Council: pmbar@pmblaw.co.za
- Pretoria Society of Advocates: www.pretoriabar.co.za
- Johannesburg Society of Advocates (Witwatersrand): www.johannesburgbar.co.za
- Northern Cape Society of Advocates: Tel: 053 831 2100
- Bisho Society of Advocates: Tel: 043 726 1214
- Society of Advocates Transkei: Tel: 047 532 3463
- North West Bar Association: nwsbar@telkomsa.net
Comments
Published in: Sentrum vir Grondwetlike Regte > Wat is jou regte?

