Geskiedenis van ons Grondwet
Sentrum vir Grondwetlike Regte > Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 is die uitslag van lang en moeilike onderhandelinge deur alle Suid-Afrikaners. Elkeen is die geleentheid gegun om hul opinie te laat geld deur middel van die kanale van openbare deelname wat daargestel is deur die Grondwetlike Vergadering (GV), die liggaam van wetgewers wat verantwoordelik was vir die ontwerp van die Grondwet. Op 4 Februarie 1996 het die Grondwet in werking getree, maar die skryfproses is reeds ses jaar daar voor begin in Desember 1991.
20 Desember 1991 was `n belangrike tyd in die geskiedenis van Suid-Afrika. Net voor dit, op 2 Februarie 1990, het (toe) President F W de Klerk sy bekende toespraak gemaak, Nelson Mandela vrygelaat uit die tronk en die ANC ontban. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die land is daar `n beroep gedoen op alle geïnteresseerde partye om hul opinies te lig in die onderhandelinge, bekend as die Konvensie vir `n Demokratiese Suid-Afrika (KODESA) wat gehou is by die Wêreld Handelsentrum in Midrand, Johannesburg. Ingewikkelde debatte het gevolg oor kontroversiële kwessies soos die taalbeleid, aborsie en die rol van tradisionele leierskap, maar die partye kon uiteindelik ooreenkom op 34 grondwetlike bepalings wat gewaarborg is om ingesluit te wees in die finale Grondwet. Daar is egter besluit, in die gees van die nuwe demokratiese era, dat die Grondwet nie `n dokument kon wees wat slegs beding is deur diegene wat in beheer was (die Nasionale Party-regering) óf deur diegene wat pas vrygelaat is of teruggekeer het van ballingskap nie. Ten einde die Grondwet tydloos te maak en daaraan gesag te gee is die 34 bepalings gesamentlik saamgevat in wat altyd bedoel was om `n tussentydse Grondwet (die tussentydse Grondwet van 1993) te wees. Daar is besluit dat die tussentydse Grondwet die basis sou vorm van die nuwe finale Grondwet. Omdat die finale Grondwet egter `n produk moes wees van ware demokrasie, moes daar eers `n eerste demokratiese verkiesing plaasvind - die nou ikoniese verkiesing van 27 April 1994). Dié wat verkies is sou dus in aanmerking kom om gekies te word vir `n belangrike groep wetgewers - vir wie indirek gestem is deur die publiek - en sou dus verteenwoordigend wees van al die stemme van Suid-Afrikaners. Die groep wetgewers was bekend as die Grondwetlike Vergadering (GV).
Dit was die plig van die GV om die teks van die Grondwet te skryf. Om dit te doen het die GV seker gemaak dat hulle na al die opinies geluister het toe die land deelgeneem het aan `n proses van openbare deelname wat twee jaar geneem het. Tydens hierdie proses het gewone burgers aan die GV geskryf met hul eie bekommernisse en voorstelle oor wat in die finale teks van die finale Grondwet moes geskryf staan.
Op 10 Mei 1996 het die GV die eerste weergawe aan die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika (GH) voorgelê vir “sertifisering”. Die sertifiseringsproses was noemenswaardig in ons nuwe demokrasie, om twee redes. Eerstens was die sertifisering van die Grondwet die eerste saak wat die nuut gestigte GH ooit aangehoor het. Tweedens het die GH geweier om die weergawe wat aan hulle voorgelê is, te sertifiseer - `n aanduiding van die werklike onafhanklike aard van die Hof. Om verskeie redes het die GH aangevoer dat die beloftes wat gemaak is deur diegene wat teenwoordig was by KODESA nie nagekom is nie die eerste weergawe van die Grondwet nie al 34 bepalings ingesluit het nie. Die GV het die besluit van die GH aanvaar en het weer gaan werk aan die finale tels totdat al die onderhandelde ooreenkomste ingesluit is. Die herskrewe teks is toe weer aan die GH voorgelê vir sertifisering. Ná `n volledige oorsig van elke artikel het die CH die teks gesertifiseer en die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 het in werking getree op 4 Februarie 1997.
Published in: Sentrum vir Grondwetlike Regte > Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

