English

Die SGR gaan voort met formele klagte by die Openbare Beskermer en die Staatsdiens-Kommissie oor die praktyk van Kader

Sentrum vir Grondwetlike Regte > Bydraes & publikasies

Vroeg in November verlede jaar het die Sentrum vir Grondwetlike Regte die Openbare Beskermer (OB) en die voorsitter van die Staatsdiens-kommissie formeel gevra om “ondersoek in te stel, verslag te lewer oor en remediërende stappe te neem” teen die ANC se onwettige en ongrondwetlike praktyk van sogenaamde kader ontplooiing in die staatsdiens.  Die OB het aangedui dat hy die klagte ondersoek, maar weier om aan die SGR `n tydlyn te verskaf oor die vordering wat gemaak is.

Die praktyk van sogenaamde kader ontplooiing is in teenstelling met die grondwetlike vereiste vir `n duidelike skeiding tussen die regerende politieke party en die staatsinstellings.  Die praktyk van kader ontplooiing is besig om die gepaste grondwetlike onderskeid tussen party en staat af te breek, en gevolglik skend dit die vereistes van artikels 195 en 197(3) & (4) van die Grondwet, sowel as die bepalinge in die Wet op die Staatsdiens, 1994.

Artikel 195 stel die basiese waardes en bepalinge wat die staatsadministrasie beheer, duidelik.  Dit wys spesifiek daarop dat die bestuurspraktyke van indiensneming en personeel gebaseer moet wees op “beskikbaarheid, objektiwiteit [en] regverdigheid” en “dienste moet onpartydig, regverdig, gelyk en sonder vooroordeel gelewer word”.  Dit vereis die indiensneming van persone wat geskikte kwalifikasies het, in plaas van die indiensneming van getroue kaders van die politieke meerderheidsparty.

Artikel 197(3) is selfs duideliker.  Dit verklaar dat “geen werknemer van die staatsdiens voorkeur mag geniet of benadeel word slegs omdat daardie persoon `n spesifieke politieke party of saak ondersteun nie.”  Artikel 11(2) van die Wet op die Staatsdiens, 1994 vereis dat alle persone wat aansoek doen om poste in die staatsdiens, en wie daarvoor kwalifiseer, geëvalueer sal word slegs op grond van opleiding, vaardighede, bevoegdheid, kennis en die noodsaaklikheid om die wanbalanse van die verlede reg te stel om sodoende `n breë verteenwoordigende staatsdiens te bereik.

Die praktyk van kader ontplooiing het sy ontstaan in die ANC se Strategy & Tactics (S & T) dokumente wat `n beroep doen op die ANC om

“to strengthen the hold of the democratic movement over state power, and to transform the state machinery to serve the cause of social transformation: The levers of state power include the legislatures, the executives, the public service (emphasis added), the security forces, the judiciary, parastatals, the public broadcaster, and so on.”

Die S & T dokumente vereis ook dat ANC lede ten eerste getrou moet wees aan die ANC, waar ook al hulle ontplooi mag word.

Die SGR se klagte is gebaseer op twee duidelike voorbeelde van kader ontplooiing.  Die eerste voorbeeld hou verband met kader ontplooiing op provinsiale sowel as plaaslike vlak in die Limpopo provinsie, soos geïdentifiseer deur die City Press van Sondag 26 Oktober 2009 (Caiphus Kgosana & Moffat Mofokeng “ANC abuses power”).  Die skrywers van die artikel het beweer om in besit te wees van kopieë van korrespondensie tussen die ANC se provinsiale sekretaris in Limpopo en die premier van Limpopo, rakende die verplasing van die hoof van veiligheid en sekuriteit na die hoof van openbare werke.  In die korrespondensie het die provinsiale sekretaris gesê:

“It is noteworthy that the deployment committee of the ANC had deployed Mr Thobakgale to the post of head of safety and security. The organisation has observed that the aforementioned has since been transferred as head of public works without the ratification of such a decision by the ANC. This constitutes sidestepping or undermining of organisational deployment processes. The organisation has arrived at a decision that the premier must reverse the transfer of Mr Thobakgale to safety and security with immediate effect.”

Die SGR het gevolglik addisionele bewyse in sy klagte by die openbare beskermer en die staatsdiens-kommissie ingedien, wat aan die lig gekom het in `n berig in die Mail & Guardian van Februarie.

Comments

Published in: Sentrum vir Grondwetlike Regte > Bydraes & publikasies